Danie Rossouw Namibië Rugbytoer, Oktober 2016

Tydens die Oktober 2016 vakansie het Vision Sport twee toerspanne na Namibië gestuur. Rugby seuns het die geleentheid gekry om hul talent te ontwikkel en het teen twee Privaatskole en een ontwikkelende skool deelgeneem.

Toerspanne is saamgestel uit seuns wat in April, tydens Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier se onderskeie rugby weke geïdentifiseer is.

Die nege dae lange toer het uit baie meer as rugby bestaan. Na ʼn heerlike vlug vanaf ORT lughawe na Eros Lughawe in Namibië, is Walvisbaai toe vertrek vir sewe dae.

  • Harde rugby word teen Walvisbaai Privaatskool gespeel en daarna woon hulle die Jaarlikse Walvisbaai fees by.
  • Duin 7 word besoek en hulle doen ʼn 4-wiel roete.
  • “Sandboarding” van die duine af was ʼn uitdaging.
  • In Swakopmund word die akwarium besoek en gevolg deur ʼn swemsessie in die yskoue seewater.
  • Besoek Namib High School en doen rugbyvaardigheids-oefeninge met die seuns.  ʼn Vriendskaplike oefenwedstryd word daarna teen hulle gespeel.
  • Vertrek Windhoek toe vir twee dae. Verblyf – in die asemrowende Safari Hotel.  Die kos is uit die boonste rakke en die seuns eet asof dit hul laaste maaltyd is.
  •  ʼn Harde wedstryd teen Karibib Private School volg. Goeie terugvoer word gekryoor die seuns se positiewe deelname.

Algemeen gesproke was die Namibiese Rugbytoer ʼn buitengewone ervaring vir die seuns. Hulle het die geleentheid gekry om goeie rugby te speel, maar het ook ʼn kykie gekry in die omstandighede waaronder die Namibiese spelers moet deelneem.
Ten spyte van die omstandighede bly die Namibiërs positief en gelukkig en het die S.A. besoek opreg waardeer.

Barend Swart